Toelatingsvereistes

Die toelatingsvereistes is as volg:

  • Duo Edu se voertaal is Afrikaans, dus moet die voornemende leerder Afrikaans so bemeester het dat sy onderrig nie daar onder sal ly nie.
  • Die leerder moet manifesteer met ‘n bepaalde leerbehoefte. Die onderrig van Duo Edu is gerig op die leerder met leerbehoeftes. Gevolglik is die toelating onderworpe aan die uitkoms van ‘n Ortodidaktiese assessering wat deur die skool se sielkundige uitgevoer word.
  • Die leerder moet inpas by die natuurlike chronologiese ouderdom van sy/haar klasgroep
  • ‘n Amptelike bewys van bevredigende akademiese vordering moet voorgelê word.
  • ‘n Gedragsertifikaat en oorplasingsertifikaat van die vorige skool moet ingedien word.