Wat maak Duo Edu anders?

Een kind, een onderwyser, een boek, een pen kan die wêreld verander.

Malala Yousafzai


Ondersteuning Klaskamers

Ondersteunings dienste

Daar is ‘n voltydse sielkundige, asook ‘n sielkunde intern van die Universiteit van Pretoria wat ondersteuning bied aan die leerders van Duo Edu.

 Dit sluit onder andere in:

  •  Emosionele/Psigoterapeutiese ondersteuning
  •  Studiemetodiek en Eksamenvoorbereiding
  •  Aanlegtoetse en Beroepsleiding
  •  Psigometriese toetsing vir Konsessie doeleindes
  •  Remediërende ondersteuning


Vra ons vir meer inligting

Klaskamer Organisasie.

By Duo Edu word die inhoudelike (leerplanne), skoolorganisasie en die wyse van onderrig (onderrigmetodes) aangepas om hierdie leerders te ondersteun.

 Die volgende is enkele voorbeelde van hierdie soort hulpverlenings:

  •  Nie meer as 15 leerders per klas nie.
  •  Toepaslike vakkeuse
  • Toestaan van konsessies: Aflegging van mondelinge eksamens/ammanuensis  deur  die opvoedkundige sielkundiges in oorleg met die Departement van Onderwys. Aansoek om meer tyd vir skriftelike eksamens deur die opvoedkundige sielkundiges in oorleg met die Departement van Onderwys.
  • Ondersteuning ten aansien van studieskedules, studietegnieke en leerstrategieë deur die opvoedkundige sielkundige
  • Psigoterapeutiese ondersteuning – motivering, selfkonsep, gesindheid teenoor skool, toekomsvisie / perspektief /beroepsleiding.


Kontak ons vir meer inligting